Ek en my vriend het gister aand op die ingewing van die oomblik besluit om na die films toe te gaan. Die oorspronklikke idee was om vir Munich te gaan kyk, maar toe ons sien dat Tsotsi ‘n half uur vroeër begin het ons besluit om maar liewer te te gaan kyk aangesien ons albei baie vroeg weer moes wakker wees.
Wat ‘n uitstekende film. Die storie is fantasties, die akteurs het werklik ook ‘n fantastiese vertoning gelewer. Dit is een van daardie films vat jou laat trots voel om ‘n Suid Afrikaner te wees.
Net een woord van waarskuwings, hierdie film is amper heeltemal in Zulu, so daar is baie lees betrokke, maar ek het dit nie eintlik steurend gevind nie. (en ek is maar lekker vol nonsens as dit by daardie tipe ding kom).
Om vir julle ‘n idee te gee wat julle te wagte kan wees. Die storie gaan oor ‘n jong man met die naam Tsotsi, hy beland in ‘n buitengewone penarie na ‘n rooftog (waarin hy die die rower was).. dan gaan dit basies oor hoe hy dy lewe probeer reg trek, maar die pad is maar ‘n moeilikke een.
Ek wil nie meer sê nie, ek is bang ek gee dit weg..
Maak net seker dat jy hierdie een sien. ek gee Tsotsi ‘n volle 9 uit 10. Goeie storie, goeie akteurs , goeie klankbaan en baie goed aan mekaar gesit.
February 13th, 2006 at 8:44 am
Ek sien uit daarna om hierdie film te gaan sien. Ek was ‘n bietjie skepties daaroor, maar nou dat dit ‘n goeie woordjie hier gekry het…sal ek definitief ‘n plan maak om dit te gaan sien!