Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Battery 9 Nuus


Gerhard - Musiek

AfrikaansEk en ‘n vriend het weereens Saterdag vasgesit in een van die verkeersknope op die N1 wat veroorsaak was deur padwerke. (Daar is nogal baie van hierdie voorvalle deesdae hier in die Kaap)

Terwyl ons daar sit gesels ons toe maar oor Suid Afrikaanse bands en eindig toe by Battery 9. Hulle was natuurlik bekend vir CDs soos Gris en Wrok. Omdat hulle still was vir ‘n lang tyd, het ons gedink dat hulle in die niet verdwyn het, soos so baie ander goeie Suid Afrikaanse bands.

Hier kom die interresante gedeelte, net die volgende dag lees ek op Gabbahead dat Battery 9 na iets soos 3 jaar uiteindelik ‘n nuwe CD uitbring. Hierdie is maklik die beste nuus van die jaar as dit by Suid Afrikaanse musiek kom.

Ek kan nie wag nie. Die nuwe CD se naam is “Straks” en belowe om een van die beste CDs van die jaar te wees.

“Vat so booswig!”

http://www.news24.com/Jip/SA_Bands/0,,174…

battery 9, afrikaans, straks, gris, wrok

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans