Ron Mueck (gebore 1958) is ‘n Australise hiper-realistiese beeldhouer wat werk uit Brittanje. Hy is gebore in Melbourne, Australie, en sy ouers was speelgoed makers. Hy het gewerk aan kinder televisie programme vir 15 jaar voor hy oorgeskakel het na spesiale effekte op groot films soos “Labyrinth”, ‘n 1986 fantasie film waarin David Bowie gespeel het.
Nou dat julle die agtergrond op hierdie kunstenaar het wil ek eers sê… WOW!
Hierdie beeldhouwerk is uitstekend. Ek wil so een hê van die seun wat op sy hurke sit, en dit in die sitkamer by die huis sit, dink net mense wat kom kuier se reaksie as hulle om die draai kom en daar n reus op sy hurke in die sitkamer sit…
Ron Mueck is werklik uitstekend, maar moenie my woord daarvoor vat nie, kyk self
http://freshpics.blogspot.com/2006/04/ron-mueck…