“Die eerste optrede vir 2006 is bevestig en kan nou bekend gemaak word. Egmond tree op tydens die jaarlikse Bela-Bela Tourism Festival te Bela-Bela (voorheen Warmbad) in die Limpopo, Saterdag aand die 27ste Mei 2006 om 5:30, net voor Kurt Darren. Egmond se halfuur van entertainment word reeds haarfyn beplan en sal sy nuwe opnames insluit…”
Dit wil vir my voorkom asof nuwe Afrikaanse talent net nie remme het nie…
Egmond is ‘n jong Afrikaanse sanger uit Gauteng en sing al Gauteng se plaaslikke radio stasies wit-warm.
As jy nie kan wag om meer van Egmond te hoor nie, en jy is in die Bela-Bela area, dan is hierdie jou kans om vir hom, en ander uitstekende Afrikaanse sangers, in lewende lywe te sien.
Afrikaanse musiek is koning!
http://www.egmond.co.za/nuus.html