Ek moet sê dat ek nie gewoontlik dinge soos kalenders gebruik nie, nie by die huis of aanlyn nie. Hoekom? Geen idee nie, ek vind dit net nie belangrik genoeg nie…
Die maatskappy waarvoor ek werk het wel ‘n ander idee gehad. Hulle het besluit om Google se kalender te gebruik om ons almal op hoogte te hou van vergaderings wat gebeur. Laat ek net sê, Google Kalender is maklik een van die beste aanlyn kalenders wat ek gesien het.
Wat meer is, is dat die mense by vandag se webwerf ‘n programmetjie geskryf het wat vir jou laat weet van afsprake voor hulle gebeur. So nou hoef jy nie eers die hele tyd die kalender oop te hou nie.
(Die programmetjie werk saam met Firefox, so jy sal Firefox op jou rekenaar moet hê.)
http://extensions.npike.net/gcaln/index.html