Daar is ‘n nuwe nuus inskrywing by kooskombuis.co.za waar in hy ons ‘n bietjie vertel wat oor die afgelope paar weke aangegaan het.
Ek hou altyd daarvan om Koos se inskrywings te lees, hy laat my altyd trots voel om ook hierdie mooi taal te praat.
Pas het ek teruggekeer van Gauteng af waar ek in vyf dae vyf konserte moes doen, drie dag-lange rehearsals met ‘n simfonie-orkes moes inpas, twee keer in Jo’burg se rush hour traffic verdwaal het, en een keer moerse vroeg moes opstaan vir ‘n interview op KykNET se Brekfis-TV-program.
Nou is ek terug in my huislike roetine, wat heelwat lekkerder is, maar nie werklik spasie bied vir rus nie. Ek moet elke dag met die hond gaan stap, al om die ander uur my kinders se gemors opruim, die huis help aan die kant maak, ´n boek probeer skryf, songs toonset en hordes e-posse antwoord…