Ons almal het al, op een of ander tyd, ‘n veldbrand gesien, of dit nou ‘n kleintjie was of ‘n grote, soos die een op die kant van Tafelberg so ‘n paar maande gelede. Die groter veldbrande kan onsettend baie skade veroorsaak, veral as hulle nie vinnig genoeg bestry kan word nie.
In Amerika is daar nou ‘n nuwe “produk” wat kan maak dat water taamlik vinniger by die brand kan uitkom… Hulle noem dit die “supertanker”.
Wat dit basies is, is ‘n 747 vrag vliegtuig wat so aangepas is dat dit meer as 770 000 liters water kan hou. Daar word dan met die vliegtuig vol water oor die brandende area gevlieg en ja…. jy kry die prentjie.
Ek kan net nie glo dat iets wat so swaar is die maklikste ding op hierdie planeet is om te vlieg nie, ek het natuurlik nog nooit ‘n vliegtuig self gevlieg nie, so ek kan nie met sekerheid sê nie
http://www.tallahassee.com/apps/pbcs.dll/artic…