Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Abel Kraamsaal Nuus


Gerhard - Musiek

Afrikaans“Ek is ‘n bondel opgewondenheid! My en Lize se eersteling, Lilah-Grace, is Maandag oggend 1:20 gebore. Sy’s bliksems mooi en fraai. Al sê sy nognie iets nie en al is haar ogies heeltyd toe vir die wêreld, weet ek sy hoor wat ek in haar oortjies fluister.

Op die kiekies blad is daar ‘n kiekie of twee van die nuweling.

Nuus op die cd front is dat studio tyd gebook is vir die nuwe cd, Sondeval. Hou maar julle ore op die grond vir die launch datums…”

Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om vir Abel en Lize baie geluk te sê met die nuwe kleinding. Mag sy nog vir julle baie blydskap bring.

Abel Kraamsaal het ‘n nuus inskrywing op sy offisiële webwerf gemaak waarin hy hy vir ons twee opwindende brokkies nuus oordra.

Eerstens natuurlik die nuwe kleinding en tweedens dat die nuwe CD in werking is, dit wil voorkom dat die nuwe album “Sondeval” genoem gaan word.

Al wat ek kan sê is dat ek nie kan wag nie. Dit is asof dinge net al hoe beter raak in Afrikaanse musiek, hopelik sal ons eendag kan terug kyk en lag oor al die bokkie bokkie bog wat tans ook op die rakke is. Daar is altyd plek vir goeie musiek en musikante!

http://www.abelkraamsaal.co.za/maintop.htm

afrikaans, abel kraamsaal, sondeval, afrikaanse musiek

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans