Hy was sonder twyfel een van die slimste mense van ons tyd. Meeste mensekan net aan die E=mc² formule dink as ‘n mens van hom praat… Ja ek praat natuurlik van Albert Einstein!
Die rede dat ek vandag oor hom skryf is dat wetenskaplikes besluit het om sy brein deeglik te ondersoek. Wat hulle gevind het was dat sekere gedeeltes van sy brein groter was as in ander mense van dieselfde ouderdom se breine.
Hulle het ook gevind sy brein meer “glial” selle bevat het wat sou gemaak het dat sy brein meer energie sou gebruik het.
Nogal ‘n interesante artikel, veral as die menslikke brein vir jou ook ‘n interresante gebied is..
http://www.int.iol.co.za/index.php?from=rs…
June 8th, 2006 at 1:00 pm
Dit behoort nie enigiemand te verras nie. Dit beteken ook nie dat die ou se brein van geboorte af so was nie. Hulle het al met ander navorsing ontdek dat Londen se taxibestuurders, wat feitlik die hele Londen se straatuitleg ken, ook abnormale breine het – die deel wat verantwoordelik is vir daai tipe geheue is groter as normaal. Dit bewys dat die brein fisies ook verander as hy behoorlik gestimuleer word, so Einstein is dalk met talent gebore, maar ten to one nie met ‘n groter brein nie
June 8th, 2006 at 1:10 pm
Hier’s ‘n lienk na die storie:
http://news.bbc.co.uk/1/hi/sci/tech/677048.stm