Het jy al ooit gewonder hoe jy 20 jaar van nou af gaan lyk? Dit laat my altyd dink aan jou pa wat vir jou vertel hoe goed gebou hy was of jou tannie wat altyd vertel hoe maer sy was.
In 1984, het ‘n fotograaf met die naam Peter Feldstein gegaan en probeer om elke liewe persoon in Oxford, Iowa te fotografeer. Twee dekades later doen hy dit weer.
Vandag se webwerf bevat ‘n paar van die fotos. Dit is pragtige wit en swart fotos van mense nou en 20 jaar gelede. Tyd is die beste beeldhouer van almal…
Nogal ‘n goeie idee, dit mag dalk selfs ‘n fantastiese geskenk maak.
http://www.smithsonianmagazine.com/issues/20…
June 8th, 2006 at 5:31 pm
Het jy al die gesien? http://www.zonezero.com/magazine/essays/diegotime/time.html
Hierdie gesin neem op die 17 Junie van elke jaar sedert 1976 ‘n foto van hulself. Nogal interessant
June 13th, 2006 at 5:54 pm
Wonderlik!
June 15th, 2006 at 8:14 pm
Ek is baie bly dat ek jou blog gevind het. Die stories is altyd interessant, en dit gee my n kans om n bietjie afrikaans (wat ek net as n skool vak gevat het tot 2001) in my kop te praat (of lees). Dankie hoor?