Julle weet seker nou al teen die tyd dat ek nie oor meer as een Afrikaanse musikant per week skryf nie. Hierdie week is ietwat van ‘n uitsondering. Die rede… ek het ‘n voëltjie gehoor vluit effens voor sy tyd.
Die bekroonde liedjieskrywer Philip de Villiers het onlangs sy eerste musiek video opgeneem vir sy liedjie “Voor die TV”.
Die video gaan basies daaroor dat die karakter deur die televisie gejaag word. As jy daaroor dink dan is dit vir baie van ons die geval. Nogal ‘n goeie video as jy vir my vra.
Maar moenie my woord daarvoor vat nie gaan kyk self op die volgende skakel na die video:
http://youtube.com/watch?v=ZwhvLq_GtUU
As jy meer van Philip de Villiers se musiek wil hoor is daar ook musiek op sy webwerf om af te laai: