Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Die Letter “K”


Gerhard - Algemene Geselskap, Notas

AfrikaansHeather van Acidicice het my uitgedaag om 10 woorde wat met die letter “K” begin neer te skryf, elkeen met ‘n klein storie by.

Gewoontlik doen ek nie die tipe ding nie, maar ek voel dat hierdie ‘n goeie geleentheid vir julle is om my beter te leer ken… so ja, hier is hulle:

Klere – Ek is mal oor gemaklikke klere, ek lyk dalk nie altyd so goed nie, maar ek voel ook nie dit maak regtig saak nie… :)

Krul – Iets wat my hare glad nie het nie, ek wens partykeer daar was net ‘n bietjie van ‘n krul in my hare.

Klop – Toe ek klein was het ek altyd aan mense se deure geklop met ‘n ritme, soos wat hulle daardie tyd op die televisie gemaak het.

Kleure – My gunsteling kleure is groen en blou, albei kleure wat ek gaan bebruik in… wag… amper gee ek “dit” weg.

Kaas – Ek is gaande oor gesmelte kaas, op omtrent enige kos…

Kok – Een van die baie dinge wat ek wou word toe ek jonger was.

Kens – Net so bietjie :P

Kwaad – Iets wat ek nie maklik raak nie.. maar as ek raak… oooooo! :P

Koppie – Ek het op een stadium tussen 8 en 12 koppies koffie op ‘n dag gedrink… nou drink ek net tee.

Kitaar – Een van die instrumente wat ek effens kan speel.

Daarsy, ek het amper nie gedink dit is moontlik nie, maar ja, nou daag ek vir Rox uit om 10 woorde met die letter “R” te skryf, elk met ‘n beskrywende sin by en vir Daedalus om 10 woorde met die letter “D” te skryf, elkeen ook natuurlik met ‘n sin by…

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

3 Menings vir
“Die Letter “K””

  1. acidicice:

    Ek het geweet jy kan dit doen, maar jy het my verbaas…in Afrikaans nogal! Ek is nie seker wat presies ek verwag het nie, Kuier (ook ‘n woord met ‘n K) is mos Afrikaans. Jis maar ek kan darem blond wees!

  2. Daedalus:

    Both done… Rox and D ;)

  3. Gerhard:

    lekker man! :D

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans