Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Ontwikkel Jou Luistervermoë


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansEen van die werke wat ek al gedoen het, was om in ‘n kontak sentrum te werk. Nie die heel beste plek om te werk vir iemand wat van kleins af met ‘n “walkman” geloop het nie. Om eerlik te wees, ek is eintlik lekker doof.

Wat ek wel geleer het in die kontak sentrum, was om te luister in plaas van om te hoor… Ek het dit nie besef nie, maar daar is ‘n groot verskil. Dit is soos om Afrikaans te praat en om Afrikaans te skryf… hehe, ek sukkel nog elke dag met die skryf gedeelte ;) (Ek dink hulle moet aanlyn publikasies in Afrikaanse klas leer op skool, maar ek is nou heeltemal van die storie af.)

Vandag se webwerf gee vir ons ‘n samevatting van ‘n hele paar ander webwerwe wat almal oor die vermoë om te luister gaan.

Raad op die webwerf sluit klein goedjies in soos byvoorbeeld, om eers die sin in jou kop te herhaal voor jy antwoord. (Dit maak ‘n groot verskil, ek doen ook dit. Ek weet jy dink dat dit vir ewig kan vat, maar dit raak later so vinnig, dat jy skaars daaroor dink.)

http://www.43folders.com/2006/07/10/listening/

luister, gehoor, ore, afrikaans

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans