Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Hark en Vlieg


Gerhard - Algemene Geselskap

AfrikaansEk onthou toe ek baie klein was het die familie soms see toe gegaan oor Desember vakansies. Een van dinge waarvan ek en my suster gehou het om te doen was om met ons klein plastiek harke patrone in die sand te maak. Om een of ander rede was dit groot pret.

Die mense agter vandag se skakel het dit een stappie verder gevat. Wat hulle doen is, hulle maak asemrowende patrone in die sand.

Hulle maak dan ‘n kamera aan ‘n vlieër vas en vlieg bo-oor die “kunswerke” in die sand. Die fotos is werklik iets om te sien.

Ek weet net nie waar mense tyd kry om sulke dinge aan te pak nie, shoe, ek meen ek kan nie eers onhou wanneer laas ek by die see was nie, en ek woon in die Skiereiland!

http://www.flickr.com/photos/lenny_meriel/sets/846051/

vlieër, kuns, patrone, skiereiland

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans