Ons is so gewoond dat alles wat vir ons vervaardig word ‘n spesifieke doel het. Ek dink dat dit om daardie rede is dat ons moelik vat kry aan iets soos die speelding by vandag se skakel.
Die “bilibo” is geontwerp om mee te speel, maar dit is omtrent so ver as wat dit gaan, hy het nie enige spesifieke funkies nie. Die plan agter hom is dat kinders self sal weet wat om met hom te doen. Die tipe “funksies” waarvoor hy gebruik word sluit ‘n stoel, ‘n wieg stoel, ‘n hoed, ‘n boot, ‘n slee of ‘n skilpad dop in.
Ek is mal oor die idee dat die “bilibo” een van daardie items waroor kinders mal sal wees, en volwassenes nie ‘n idee sal hê wat dit is nie.
Hy is blykbaar goed vir kinders se breinontwikkeling ook!
http://www.fatbraintoys.com/toy_companies/kid…