Vandag se teetyd pret speletjie se naam is “Wheels of Salvation”. Ek was nie in die begin baie geà?nteresseerd in hom nie, maar vind nou dat ek moeilik skryf aan hierdie inskrywing, aangesien ek tussen in probeer speel..
Die hoof plan is om na die oppervlak terug te keer, vanuit die dieptes van die grot (of watse gat dit ook al is). Dit is baie maklik om te speel, jy druk net die op pyltjie om te spring en jy kan links en regs druk saam met die op knoppie om effens na die kante te spring.
Jy moet basies van wiel tot wiel spring om bo uit te kom, maar dit raak nogal moeilik vêrder in die speletjie as die lawa begin rys na ‘n sekere tyd.
Groot pret! Geniet hom!
http://www.miniclip.com/games/wheels-of-salvation/en/