Ek weet dat ons voorheen gesels het oor hoe klein die aarde is, maar het jy al ooit gaan sit en dink hoe klein die rol is wat ons as mense speel in die totale geskiedenis van die aarde.
Wat die mense van vandag se webwerf gedoen het, is hulle het ‘n rol toiletpapier heeltemal afgerol en dit gebruik vir ‘n tydlyn vir die totale ouderdom van die aarde.
Dit beteken dat die rol toiletpapier omtrent 5 biljoen jaar voorstel…
Dit is vir my baie interessant dat die totale geskiedenis van die mens net die laaste 1mm van die papier gebruik. Wat ek ook hiervan hou is hoe hulle die tyd uitlê en nie net fokus op die mens nie.
Hoekom hulle toilet papier moes gebruik het sal ek ook nie weet nie, maar nog altyd interessant.
http://www.worsleyschool.net/science/file…
August 2nd, 2006 at 2:28 pm
In die ver lede was elke naam woord in Afrikaans een woord. Op hierdie Web werf is naam woorde soos padda museum en toilet papier en derglike same stellings (of same voegings) egter al mal aparte woorde. Ek het besluit dat ek nie langer ou tyds gaan wees nie. Van nou af gaan ek julle voor beeld volg en sulke woorde nie meer aan een skryf nie. Hoe ra vir mo derne Afri kaans en hal lo die toe kom s.
August 2nd, 2006 at 2:41 pm
Hehe, ek probeer nie meer moderne Afrikaans gebruik nie of snaaks wees nie.
Indien jy foute soos die bogenoemde dinge sien, is dit eenvoudig dat Afrikaans nie my sterkste vak op skool was nie.
Toe ek met kuier.co.za begin het, was die eerste ding wat ek opgelet het hoe verskillend dit is om in Afrikaans te skryf teenoor om dit elke dag te praat.
Kuier is basies net ek wat skryf, ek het nie proef lesers of enige assistente nie.
Om daardie rede waardeer ek dit baie as die lesers vir my wys op my foute.
Groete
Gerhard
December 10th, 2008 at 7:54 pm
Ek het so pas ingeskryf (dink ek) vir hierdie geselsbrief (?). Het vanmore rondgesoek vir iets Afrikaans om te lees (ek woon al 43 jaar in Kanada). Ek sien daarna uit om jul geselsbrief te ontvang. Sal dit na my e-posadres kom, of moet ek elke dag die webwerf aktiveer? Gerhard, help seblief bietjie: ek gebruik altyd my leestekens, maar as ek hulle hier probeer gebruik verdwyn my hele brief, dan moet ek oor begin.
Groete,
Pieter Grobler