Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Fokofpolisiekar Nuus


Gerhard - Musiek

Afrikaans“Baie dankie vir die support by ons acoustic winter shows. Dit was goeie tye. Justin se laaste show is verby en Snake is terug vir die recording en sy eerste volle show by Oppikoppi. Ons het baie lekker tye saam met Justin gehad en hy het ons ongelooflik gehelp die laaste ses maande…

Die songs vir die res van die album is klaar geskryf en ons move 8 Augustus by B-Sharp in die studio in. Ons gaan weer ‘n in studio diary op ons site hê en jy kan dit dag vir dag uit check. Hou dit dop om te sien wat ons maak…”

Uiteindelik ‘n bietjie nuwe nuus vanaf die Fokofpolisiekar Bende. Ek is so bly om te hoor dat daar ‘n nuwe vol-lengte CD oppad is!

Ek was bevoorreg genoeg om ook by een van die winter akoestiese optredes te wees. Justin was so gemaklik in die band, en as ‘n fan wil ek ook vir hom dankie sê sat hy vir snake in gestaan het!

Van die ander nuus wat ook op die webwerf gegee het is dat die Brand Suid-Afrika video tans op MK89 se 6@6 program speel, en dat ons moet stem daarvoor.

Dan is daar ook sprake van ‘n optrede in London in November…

Dit lyk darem asof alles goed gaan in die Fokofpolisiekar kamp, ek meen, ‘n besige groep is ‘n suksesvolle een ;)

Bestel vir “Brand Suid-Afrika” Vandag!

http://www.fokofpolisiekar.co.za

fokofpolisiekar, afrikaanse musiek, brand suid-afrika, afrikaans

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans