Deur seker kerrie disse te eet, kan bejaarde mense hulle brein funksie verbeter. Dit is wat wetenskaplikes by die Universiteit van Singapoer vir ons sê.
Blykbaar is daar chemikalie in kerrie wat die effekte van Alzheimer’s verminder en tydelike verbetering in dinkvermoë veroorsaak.
Wat nog beter is, is die feit dat ‘n mens net elke nou en dan hoef kerrie te eet om ‘n verbetering te kan agterkom.
Op die oomblik is hierdie “behandeling” nog in toets fase, maar ons hoop dat hulle bevindings reg was, aangesien dit na ‘n smaaklike oplossing kan lei vir Alzheimer’s pasiënte.
http://www.newscientist.com/article/mg19125…
August 7th, 2006 at 2:57 pm
Waar sign mens op as vrywillige preofkonyn? Ek het al lankal vermoed dat iets so lekker soos kerrie goed moet wees vir ‘n mens.