“Philip de Villiers – Lentedag konsert by Die Kunskafee, Durbanville (1 September, 21h00)
Sy musiek sal jou tref soos ‘n vars lentebriesie. Nog voordat sy voortreflike debuut op die rakke was, word verskeie snitte soos Ek hoor jou en Jy’s nie rêrig weg nie gereeld op RSG, Jacaranda FM en OFM gehoor. Die video van sy liedjie Vorie TV het deesdae die hele land aan die praat. En na sy verskyning op Kwêla hoef niemand meer te raai wie hy is nie. Kobus Burger van Beeld skryf in Maart 2006: “Ek weet dit is reeds vroeg in die jaar, maar in 2006 glo ek sal elke liefhebber van musiek minstens een eksemplaar van Philip de Villiers se Ek hoor jou moet besit.” Mariana Malan van Die Burger beskryf hom ook as “‘n kunstenaar wat getuig van gesofistikeerdheid.” Kom kyk wat Philip uit ‘n klavier en trekklavier kan toor, in ‘n produksie wat sy veelsydigheid ontgin as ‘n sanger en storieverteller. Moenie nog ‘n aand VORIE TV sit nie!! Kom kyk na hierdie man in aksie! Hy is sopas terug van Kanada, waar die mense gaande was oor sy musiek. As hy goed genoeg vir hulle is, is hy goed genoeg vir ons!”
Ek reken daar is nie veel meer wat ek kan by sê nie, behalwe dat julle my woorde moet merk, Philip de Villiers gaan nog vir groot dinge sorg!
As jy in die Kaap woon, bespreek gerus by 0824562210 of 979-3131 of lize@diekunskafee.co.za.
Die kaartjies kos R50 per persoon.
Bestel vir “Ek hoor jou” Vandag!