Vandag se inskrywing laat my so baie dink aan daardie advertensie waar die ou en sy meisie op die stoep sit en hy vir haar romantiese woorde fluister, wat dan natuurlik uitdraai om koffie name van reg oor die wêreld te wees.
Indien jy nog altyd die woorde “Ek het jou lief” in ‘n ander taal wou kon sê is vandag se webwerf dan net vir jou. Die webwerf bevat ‘n hele klomp tale se weergawe van hierdie woorde van liefde. (Ek wou tel, maar daar is net eenvoudig te veel.)
Ek voel net dat ek ook moet sê dat sommige van die tale nie baie romanties klink nie.. soos byvoorbeeld in Thai sou jy sê “Phom Rak Khun” en dan is daar natuurlik die Russe se “Ya lyublyu tebya”..
Dit hou seker maar ‘n spesiale plek in enige taal
http://www.pinoyhack.com/2006/08/24/i-love-you-mo…