“Valiant se nuwe album HORISONTAAL is onlangs uitgereik. Te midde van groot afwagting onder sy talryke aanhangers, het hy by bekendstellingsfunksies in Stellenbosch, Bloemfontein, Johannesburg en Pretoria ‘n album vrygestel wat resensente en ou volgelinge gaande het.
Met HORISONTAAL gaan die luisteraar weer op reis saam met die Mystic Boer deur sy sonderlinge rock ‘n roll troebadoer-landskap. Daar is liedjies oor die langpad en die liefde, kitare en dromme, laat nagte, diep riviere, sonsondergange, whisky, rooiwyn en blues, verlange, wye draaie, koue biere, hotelkamers, ou en nuwe vriende, afskeid neem, en eindelose reise.”
Valiant gee vandag vir ons meer agtergrond op sy onlangse CD “Horisontaal”.
Hy gee vir ons meer agtergrond op die kunstenaars wat almal op die CD verskyn het. Hierdie lys sluit vir Willem Fourie (Valiant se ou kitaar speler) en Henry Steel van Delta Blue in.
Daar is ook nog twee videos in pre-produksie vir die album. Ek het baie gehou van die video vir die titelsnit “Horisontaal”. (Indien jy dit nie geweet het nie, die video vir die titelsnit kom op die CD as jy hom koop)
Ek het vir Horisontaal gekoop toe dit uitgekom het. Ek kan eerlik sê dat dit een van my persoonlike top 5 plaaslike CDs van die jaar is.