Ek onthou toe ek kleiner was, het ek en my maats altyd gewens dat ons fietse enjins in kan hê.
Dit het natuurlik gewoontelik geëindig met ‘n plastiek bottel bokant die agterwiel of ‘n plastiek plaatjie in die agter speuke wat daar gebly het met die hulp van ‘n wasgoed pennetjie.
Min het ons geweet dat iemand anders al jare gelede ook daardie droom gehad het om ‘n gewone fiets te hê wat homself kon trap.
Ek voel ek moet net sê dat ek nie heeltemal so seker is oor hierdie fiets nie, hy is stoom aangedrewe, so jy moet seker vuur maak in hom. Ek is nie mal oor daardie idee nie.
Vandag se webwerf bevat ‘n reeks foto’s en sketse van stoom aangedrewe fietse. Die oudste een is tussen 1868 en 1869 uitgebring.
Nogal ‘n interessante kyk na die verlede.
http://www.makezine.com/blog/archive…