My vriende sal vir jou kan sê dat ek ‘n bietjie kitaar speel, maar op geen oomblik sal hulle vir jou sê dat ek goed is nie.
Die beste manier om enige instrument beter te leer speel is deur baie te oefen. In my opinie is die beste oefening om ander musiek te speel en dit goed te kan doen, dit help jou baie.
Ek hou daarvan om musiek te speel wat ek ken, maar die meeste webwerwe het net ‘n paar Afrikaanse liedjies se bladmusiek op.
Vandag se webwerf het tonne Afrikaanse liedjies se bladmusiek op. Alles van Valiant Swart, na Koos Kombuis, na Jak de Priester. Hulle is almal daar!
Vir die beste resultate sal ek die soek boksie aanbeveel.
www.geocities.com/kitaarmykruis
November 21st, 2006 at 3:02 pm
Baie dankie vir die link! Ek kan self nie ‘n noot op die kitaar speel nie (wens sooooo ek kon) maar ek is mal oor die lirieke! Thanks!!!
February 7th, 2007 at 10:37 am
Kan iemand my help met die woorde en drukke van Dozi se “grassade” asb. Vir een of ander rede kan ek tot die dood toe dit nie uitwerk nie. hy het seker ge detune.
July 7th, 2007 at 7:08 pm
Ons is ‘n Afrikaanse band van die Paarl. Op ons site is daar links na TABS in Afrikaans & Engels.
September 18th, 2007 at 8:28 am
Baie dankie vir die “link” Ek en my gesin sit hier in verre Austalia en ek probeer myself so sukkel, sukkel kitaar leer speel. Ek wil Afrikaans vir my kinders bewaar en die liedjies vir hulle kan speel en sing. Afrikaans bly tops. Groete van down under.
October 9th, 2007 at 11:55 pm
KAN IEMAND MY DALK HELP EK IS OPSOEK NA BOERE MUSIEK TABS SAL BETAAL AS EK MOET EK EN I PAAR SA OUENS IS OPAD IRAQ TOE EN EK WIL NET DA VIR ONS DIT BIETJIE MEER PLISIERIG MAAK
January 2nd, 2008 at 2:54 pm
Boeremusiek word nie eintlik op papier gesit nie. dit word ma op gehoor geleer. al wat ek van weet is konsertina lesse va oorlede Nic Potgieter. da kan mens darm die akkoorde optel
May 11th, 2008 at 2:36 pm
Ek stem saam met Madelein, ek soek oral vir boeremusiek tabs, spesifiek konsertina, aangesien ek nou n konsertina by die huis het en graag wil leer speel. Maar nerens kry ek tabs nie. As iemand my ook dalk net kan help sal ek dankbaar wees, dankie. Hier is my email: HAvanNiekerk89@gmail.com.
June 1st, 2008 at 5:20 pm
Hoekom is daar nie afrikaanse bladmusiek beskikbaar van ons plaaslike kunstenaars nie? Ek het vir my ‘n kitaar gekry en wil vreeslik graag bekende afrikaanse musiek leer speel, maar kry nie die note/drukke om dit te kan doen nie.
June 1st, 2008 at 6:10 pm
Ek en ‘n vriend het ‘n begin om Afrikaanse Bladmusiek te publiseer onder die besigheidsnaam MVMP. Ons het sowat 9 bundels uit met tussen 12 en 30 liedlies in elk. Dit is tydrowende werk en die formaat verskil ook omdat sommige mense volledige klavierbegeleiding ook soek. Ons het nog nie ‘n webtuiste nie, maar daar is informasie oor die boeke op edumusiek van Pretoria se site. Daar is ‘n boek met Steve se 15 gewildste liedjies en ons werk tans aan een met Anton Goossen nommers. Binnekort sal ‘n kitaarkusrsus in Afrikaans ook verskyn wat ‘n DVD sal insluit.
June 1st, 2008 at 6:23 pm
Skuus, die nie edumusic nie, maar http://www.bladmusiek.co.za. Ek sien egter net drie van ons boekle daar, maar doen gerus navraag. Ons e-mail addres is mvmp@lantic.net. Kan volledige inligting oor publikasies stuur aan belangstellendes. Onthou TABS is iets anders as bv. ‘n chordsheet wat slegs die drukke bevat vlgns. wat mens noem akkoorddiagramme.
July 4th, 2008 at 11:38 am
Ek het n verskeidenheid afrikaanse kitaar musiek.Tabs vir die kitaar.ek sukkel om n webwerf op te stel.As daar iemand is met n webwerf wat sal belang stel in n vennootskap laat weet my asb.Ek kan enige liedjie se tabs uitwerk.Weet iemand van n webwerf met afrikaanse tabs?Die email adres wat ek gebruik is pieterreigel@gmail.com.
Groete.
July 4th, 2008 at 11:43 am
Hi Johan
Ek weet nie of hierdie sal help nie, maar ek het vroër in die week ‘n e-pos van Rudi ontvang waarin hy vir my die skakel gestuur het na sy nuwe Afrikaanse kitaar tabs forum http://www.kitaar.forumup.co.za.
Groete
Gerhard
July 4th, 2008 at 12:05 pm
Dankie Gerhard ek wardeer dit sal gou gaan loer.
August 17th, 2008 at 9:34 am
ek is opsoek na iemand in die wes-rand wat my man kan konsertina lesse gee of wat vir hom die stukke kan stuur om vanaf te leer. hy het ‘n 3 ry wheatstone en kan so paar drukke speel maar stel belang om die konsertina te bemeester en hom reg te kan speel.
September 2nd, 2008 at 12:09 pm
Gratis bladmusiek? Wat jy waar kry. Ek het gesoek tot vervelens met geen terugvoer. Help bietjie hier. Mens kry lirieke gratis maar geen bladmusiek dus help dit niks as jy nie die wysie ken nie. (Dit is nou as jy dit wil sing.)
October 3rd, 2008 at 8:55 am
Hi almal. As julle kitaar tabs soek, ek het n wonderlike plek gekry met baie afrikaanse musiek. Gaan na http://www.tabs.co.za. Dis great. Hoop julle geniet dit.
November 18th, 2008 at 8:26 pm
danki chillies want ek my dood gesoek na afrikaanse tabs.
December 7th, 2008 at 8:52 am
Ag ek soek hulp. ek soek eenvoudige afrikaanse liedjies met die sleutels by die bladmusiek, Die A,B, E aangesien ek nie musiek kan lees nie. My seuntjie van 3 het ‘n klawerbord gekry en ek wil hom graag leer, Hy is mal oor musiek, maar maak op die oomblik net geraas,
December 12th, 2008 at 9:30 am
Goeie dag,
Ek speel nou al vir 15 jaar lank kitaar so op my eie en dit raak al hoe makliker om kitaar drukke vir n liedjie uit te werk, maar jy kry nog daardie een of twee liedjies wat jy net nie heeltemal seker oor is nie. Ek dink wat nogal kan werk is as daar n website is waar almal kan by mekaar kom vir afrikaanse kitaar musiek, maar so moet daar ook n plek wees waar mense die woorde kan op sit van n liedjie wat hulle graag op die kitaar wil speel en die ouens wat hierdie kitaar drukke kan uitwerk kan dan net die drukke gaan by voeg.
December 31st, 2008 at 7:31 pm
Re Afrikaans Songs No 12.Can you please explain to me why you publish music in a key different from the cd.AS JY SLAAP score is in G and cd is in Ab.To play-along,the reason for buying,you must transpose.Not easy writing this song over.the foreword makes no mention of this.Are the publishers misleading buyers?Ilook forward to your reply.Dan
January 6th, 2009 at 7:49 pm
ek wil graag boere musiek speel,ek weet nie hoe nie,ek weet nie hoe om dit in die hande te kry nie. hoe kan ek dit in die hande kry. ek bly in kaapstad(so ‘n straf), ek speel so plus minus 3 jaar kitaar en ek het besluit om te leer boere musiek speel,ek is trots afrikaans. asseblief,asseblief,asseblief!!!!!!!!!!!!!!!!
January 13th, 2009 at 8:09 pm
hey julle probeer die volgende werwe vir afrikaanse tabs:
http://www.disnoumusiek.0fees.net
http://www.ultimate-guitar.com //engels maar daar is afrikaanse tabs
http://www.tabs.co.za
January 28th, 2009 at 11:13 am
Ek is 60 en is mal oor musiek. Luister graag en speel ook self ghitaar.
Soek iemand om dit mee te deel.
February 4th, 2009 at 10:23 am
Hi, daar het à?ntussen Afrikaanse bladmusiek beskikbaar geraak. Gaan kyk gerus by http://www.mvmp.co.za Dis defnitief die moeite werd!
February 10th, 2009 at 9:02 am
Hi daar almal. Ek speel al die afgelope 6 jaar konsertina en guitar en nog ander instrumente ook. ek is ook bevoreg genoeg om baie ander meester musikante te ken soos Stephaan van Zyl, Danie grey, ens. Ek het ongelukkig nie blad musiek vir boeremusiek nie MAAR ek is bereid om enige iemand te help as jy rerig wil leer. kontak my net. Dis gratis! al wat ek vra is dat jy dit WIL doen. ook jong mense wat wil leer speel asseblief kontak my!
Boere groete
rejeanviljoen@gmail.com
May 29th, 2009 at 2:26 pm
hey
ek is opsoek na die bladmusiek vir lisa se klavier. n vriendin van my was bekend vir haar amazing weergawe van die liedjie en is n paar jr terug oorlede. ek wil in herdenking n tattoo laat doen met die bladmusiek van die koor deel maar ek kry dit nerens nie en is nie in s.a nie as enige een kan help sal ek dit bitter baie waardeer
groete
May 31st, 2009 at 12:35 am
Sal jou kan help. Sit mou in Swede maar is oor ‘n week terug in SA en sal dan aandag aan die sakie gee. Weet van een boek wat die lied in het, maar dit was (en is dalk nog steeds?) onwettig in die boek opgeneem-d.w.s. kopiereg is nie betaal nie. Die arrangements in die boek was ook swak en musikaal onlogies en onakuraat. Sal dalk sommer persoonlik vir jou die koorgedeelte kan doen en aanstuur met ‘n professionele musieknotasieprogram. Min moeite.
Christo
ps. Wetie of jy kopiereg sal moet betaal om die musiek op jou lyf te tattoo nie (hehe), maar Koos Kombuis behoort te hou van die idee en ek voorsien nie ‘n probleem nie.
June 2nd, 2009 at 12:45 am
Hallo Tin,
Waar bly jy? Laat weet asb – ek soek iemand wat kan help om by ouetehuise in Pretoria te gaan musiekmaak vir die oumense. Hulle sukkel so om iemand te kry en het nie geld om die bekende kunstenaars te betaal nie.
June 2nd, 2009 at 7:49 pm
Stuur my jou besonderhede en ek kontak jou
June 11th, 2009 at 3:50 pm
Annetjie: jy kan my kontak op 0823779310
June 11th, 2009 at 4:22 pm
Baie dankie vir die skakel. Het iemand nie vir my ‘n skakel waar mens gratis klavier bladmusiek met lirieke kan kry nie?
June 16th, 2009 at 4:36 pm
thx christo jys n ster. adk006@yahoo.com kan jy my op kontak. baie dankie
July 9th, 2009 at 2:06 pm
Ek is op soek na die kitaar drukke van Gerrit / Gerhard Steyn se chocolates. Is daar iemand wat my kan help?
September 29th, 2009 at 12:03 pm
Ek wil baie graag boeremusiek leer en glo vir boeremusiek om voort te leef moet jong dit leer en aan hul kinders oordra. As enige iemand enige tabs of inligting oor boeremusiek het sal julle dit asseblief vir my stuur?
aswanepoel01@iburst.co.za
Baie Dankie!
October 13th, 2009 at 1:05 pm
Hi. Ek is mal oor klavier speel, maar ‘n ou betaal ‘n arm en ‘n been vir bladmusiek. Is daar nie iemand wat ‘n webwerf wil totstand bring met gratis bladmusiek nie? Enige afrikaanse of engelse musiek. Dit sal vrek nice wees! As iemand enige bladmusiek het wat julle kan deel, email dit vir my asb by charmaine@stucky.co.za
Thanks
November 12th, 2009 at 1:38 pm
Hallo almal,
Opsoek na die klavierstuk ‘REMEMBRANCE’ vir my kleindogter in Natal. Bereid om te betaal…
Enige hulp oor waar om te soek sal baie help.
Woonagtig in Alberton.
November 21st, 2009 at 12:49 pm
Hi wie kan vir my se waar kan ek grates boere musiek aflaai
November 26th, 2009 at 10:12 am
more mense,
Ek’s opsoek na “pampoen” se lerieke en kitaar tabs asb, ek kan self ni baie goed speel ni, maar mens kan leer lol…….as enige iemand m asb kan help plz…….
Thanx
December 9th, 2009 at 9:55 pm
Ek ontdek nou-eers die site. Ek sien hier`s baie navrae oor boeremusiek en wil graag die volgende aanbeveel vir die wat boeremusiek wil aanleer. Koop vir julle `n CD met tradiesionele boeremusiek soos bv. Nico van Wyk, Hannes Schoeman, Die Baardskeerdersbos Orkes of selfs van die oorle meesters,Oom Japie Laubsher,Boetie Kallis of Nico Langeveldt. Speel saam met die CD`s want al hierdie musiek het gewoonlik net 3 akoorde. Dis hoe ek geleer het 30 jaar gelede
January 3rd, 2010 at 12:26 pm
hi almal
ek is opsoek na afrikaanse tabs vir n mond harmonica(mond fluitjie)
kan enige iemand my dalk help
January 6th, 2010 at 1:46 pm
musiek rock!!!!! dis my lewe
January 8th, 2010 at 2:45 pm
opsoek na bekende afrikaanse aanlyn bladmusiek vir die bekfluitjie in C
January 9th, 2010 at 10:53 am
Help asb!!Ek kry geen afrikaanse bladmusiek vir bekluit op die internet nie.Engelse musiek wel maar dit speel nie lekke by n braai nie!!!
June 13th, 2010 at 8:05 pm
Tabsdotcoza vir guitar musiek. Gaan kyk bietjie daar daar is nie baie nie maar ek is seker ons kan ditbegin vul. Laat weet as julle reg gekom het
June 18th, 2010 at 9:41 am
Ek soek dringend na Leonore veenemans se liedtjie O my Papa. My dogter wil dit sondag vir vadersdag in die kerk speel vir al die vaders.
June 21st, 2010 at 8:50 am
Hi al julle musiekliefhebbers, ek is op soek na kitaardrukke vir lekker saamsing liedjies vir die kampvuur. Kan julle groot asb help?
June 25th, 2010 at 9:04 pm
Ek is op soek na maklike kitaar drukke vir kinders. My seuntjie is ses en het ADD/ADHD. WSil hom graag leer kitaar speel, blykbaar help die speel van ‘n musiek instrument met ADD/ADHD.
Dankie
Christie
June 28th, 2010 at 4:44 pm
Hi,
Ek soek graag Lianie May se Chords vir Toe stop my Hart…. As daar einge iemand is wat my kan help ek sal dit baie waardeur.
Dankie,
Syndy
July 5th, 2010 at 2:11 pm
Haai,
Die maklikste en beste manier is natuurlik om die kunstenaar te email, en te vra waar jy die bladmusiek kan KOOP.
Op die oomblik is dit ‘n grys area of dit onwettig is om sonder permissie tabs en lirieke van die internet te kry.
Maar ek dink rerig nie ‘n SA kunstenaar gaan kwaad wees as jy al sy albums koop en dan die bladmusiek van internet kry nie. SUPPORT LOCAL MUSIC!
Ek gebruik Winamp (program wat MP3’s speel) en gebruik hierdie “plugin” om direk die akkoorde van die liedjie wat speel te wys. baie engelse akkoorde ook.
http://pikkipowpow.davidsmit.za.net/home.aspx
August 23rd, 2010 at 8:06 pm
hi ek is opsoek na hugo – selle ou strate se kitaar tabs. enige hulp sal baie waardeer word.