Vandag se webwerf praat oor die konsep om weerlig kunsmatig te vang uit ‘n natuurlike weerlig storm.
As jy na die foto op hulle webwerf kyk sal jy ‘n massiewe breë strook lig bokant die toring sien afkom. Die manier waarop hulle dit reg kry is deur ‘n vuurpyl met n koper draad aan in die storm wolke in te skiet.
Op hierdie stadium doen hulle dit blykbaar net vir navorsings doeleindes. Ek kan net nie help om te wonder of ‘n mens nie dalk elektrisiteit daaruit kan vang en stoor nie.
Dit sal darem baie geld kan spaar!
http://www.nist.gov/public_affairs/colloquia/20050401.htm