Ek het nou maar eenmaal ‘n swak plek vir mooi argitektuur. Dit is veral vir my erg is die mooi gebou nie eers gebruik word nie en om daardie rede agteruit gaan.
Vandag se webwerf bevat foto’s van die ou Russiese departement van vervoer gebou. ‘n Ontwerp wat werklik iets is oor huis toe te skryf.
Die enigste probleem met die prentjie is dat die Russiese regering om een of ander rede besluit het dat hulle nie meer die gebou nodig het nie. Hy staan en verweer nou maar so.
Ek wens partykeer dat daar ‘n maklike manier was om ‘n hele gebou op te tel en te skuif. Ek voel dat geboue soos hierdie moet bewaar word.
http://www.we-make-money-not-art.com/archives/009069.php
November 12th, 2006 at 12:57 pm
Mooi foto en interessante artikel maar diè gebou is in Tbilisi, Georgië en nie in Rusland nie. Georgië was op sy deel tyd van die Sowjet-unie maar dit was ‘n onafhanklike republiek binne die Unisa.
November 12th, 2006 at 12:57 pm
Ek het bedoel Unie en nie Unisa nie (gits!).
November 15th, 2006 at 8:11 pm
Hi Petrus
Dankie vir die informasie, ek is geneig om somtyds heeltemal te vinnig te lees so vroeg in die oggend… hehe