Ek het nie gedink ‘n mens kry meer mense wat glo waaroor ek vandag skryf nie. Net nadat die film “The Matrix” uit gekom het was hierdie tipe praatjies natuurlik volop.
Vandag se webwerf is geskryf deur iemand wat 100% seker is dat ons almal in ‘n rekenaar program woon. Hy het selfs ‘n hele paar idees waarmee hy sy teorië probeer staat…
Ek kan net nie sien, hoekom enige iemand, of iets, al hulle tyd sal spandeer om almal van ons in ‘n wêreld te hou wat niks beteken nie. As hulle daar is, het hulle nie iets beter om te doen nie?
Ek weet darem nie…
http://cow.neondragon.net/stuff/simulation/