Met Gerhard wat vanoggend vir ons herinner het van Kersfees wat naderkom, het dit my bietjie laat terugdink aan al daardie opwinding en afwagting toe ek as kind net nie kon wag om my Kersgeskenke oop te maak nie… maar ons moes maar net wag tot Ou-kersaand voordat enige geskenkpapier oopgemaak mag word!
Hoeveel van julle het vooraf tog probeer loer na wat binne-in die pakkies is, of selfs sover gegaan om dit skelm oop te maak?
Wel een ma het blykbaar genoeg gehad van haar stout kind wat nie wou wag nie, en hom toe sommer laat arresteer omdat hy sy geskenke aanhoudend gaan oopmaak het! Praat van ‘n streng ma
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1…