Byna almal van ons ervaar dit elke dag:
Jy sit in jou motor, oppad werk toe, terwyl die horlosie aanstap…
Nou het een baie ambisieuse Amerikaner (dit sal mos altyd die Yanks wees, nê
) die slim idee gekry om by die oprit van ‘n snelweg te gaan staan, waar mense hom dan oplaai – teen betaling – en dan is hulle geregtig om in die motorpoelbaan (”carpool lane”) verder te ry! Gevolglik spaar dit hulle ure van in die verkeer sit en ongeduldig word, en almal is gelukkig!
Onlangs was hier so ‘n groot oproer toe die besluit geneem is om sekere bane op die besigste verkeersroetes in Suid-Afrika af te sonder vir motors met meer as twee (of was dit drie?) insittendes… wel ek dink vanmiddag se storie is ‘n bewys dat dit wel kan werk, en lonend kan wees indien korrek aangewend
http://www.pfadvice.com/2006/06/21/creative-job-commute-helper