Van kleins af bewonder ons hulle… die superhelde wat kan vlieg, of vinniger as lig hardloop, of ‘n trein met een hand kan optel, gedagtes lees, tyd laat stilstaan… of watter ander wonderlike vermoëns hulle ookal het wat spesifiek vir my of vir jou bekoor en maak dat ek/jy daardie sekere een as ‘n held beskou! Vir my was dit Superman, omdat hy amper alles kon doen: Vlieg, vinnig hardloop, deur alles sien, geskiet word en niks oorkom nie, en soveel meer!
Ek kyk op die oomblik ‘n fiksie-reeks wat handel oor ‘n klompie mense met sulke “talente” en hoe hulle dan bewus word daarvan en dit hanteer – elkeen op sy of haar manier.
Nou is die vraag: Is dit regtig alles te goed om waar te wees? Wat as jy een oggend wakker word en ontdek dat jy almal rondom jou se gedagtes kan hoor!? Hoe sou jy dit hanteer – vir mense vertel en moonlik in ‘n inrigting opgeneem word, of net stilbly en die talent benut tot die voordeel van die mensdom… of dalk slegs tot jou eie voordeel?
Dit laat mens nogal dink, nie waar nie… al ooit ‘n Dèjà? vu ervaring beleef? Ek sê maar net…
Ek en so ‘n paar vriende en kollegas het die volgende vraelys ingevul om net vir die sports te kyk watter superheld elkeen van ons dan nou sou wees – doen dit gerus self, en laat weet vir ons hoe akkuraat dit is
Gaan dan ook gerus na die onderstaande Wikipedia blad en lees so ‘n bietjie verder oor jouself (as Superheld), of gebruik die soekfunksie indien jy nie op daardie blad verskyn nie!
http://www.thesuperheroquiz.com/
http://en.wikipedia.org/wiki/Justice_League