Ek is amper 100% seker daarvan dat Neels baie van vandag se inskrywing gaan hou. So ook natuurlik almal wat daarvan hou om fotos te neem.
Ek voel altyd dat ‘n mens nooit te oud is om te leer nie en vandag se webwerf het vir my taamlik baie geleer oor fotografie, in ‘n baie kort tydjie.
Hulle noem dit die reëls van fotografie, hulle vat jou stap vir stap deur tegnieke wat jou foto’s taamlik sal verbeter.
Ek gaan beslis ‘n paar van hierdie reëls toepas volgende keer wat ek weer uitgaan om te probeer foto’s neem.
http://macteens.com.nyud.net:8080/features/fullsto…
NS. Het enige van julle flickr.com bladsye? Indien wel, sit gerus die skakel onder die menings van hierdie inskrywing. Ek sal graag julle foto’s wil sien.
December 13th, 2006 at 7:54 am
Ja G, jy is heeltemal reg – die webwerf was vir my baie interessant! Dis nogal snaaks hoe baie mense onder die indruk verkeer dat om ‘n besonderse foto te neem, mens ‘n baie goeie (lees “duur”) kamera moet hê… gelukkig (of ongelukkig) is dit nie waar nie! Ja, die kwaliteit van jou kamera speel ‘n rol, want die kleur, detail, ens. wat ‘n baie goedkoop kamera in staat is om vas te vang sal nie so goed wees nie, maar selfs die duurste professionele kamera in die hande van ‘n onervare fotograaf beteken maar min… Dit is dus baie belangrik om jou kamera so goed as moontlik te leer ken en ‘n bietjie te gaan oplees oor die basiese beginsels van fotografie! Dis waar vandag se webwerf vir baie mense (myself ingesluit) nogal waardevol is!