Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Kersfeesafsluiting By Die Werk


Neels - Algemene Geselskap

AfrikaansKersfees-etes by die werk is ‘n redelike algemene verskynsel die tyd van die jaar, maar mense is geneig om te vergeet waaroor dit regtig gaan! Dis ‘n geleentheid om te stop en bietjie te dink aan alles wat die afgelope jaar gebeur het, en ook om mekaar te bedank vir al die wedersydse ondersteuning gedurende die jaar. Belangriker as dit alles is dat ons moet onthou om dankie te sê vir Hom wat ons elke oggend die krag gee om ons werk te kan doen…

My afdeling het vandag ons Kersete gehad en dit was regtig lekker om vir net so ‘n halfuur bietjie die werk opsy te skuif en saam om ‘n groot tafel aan te sit, sonder om oor werk en al die daaglikse probleme te praat of te dink… Natuurlik was die kos baie lekker, en die geskenkies wat elkeen gekry het was ‘n wonderlike gebaar, maar die boodskap wat een van my kollegas met ons gedeel het was iets om oor na te dink…

Dalk is dit dan nou ook die regte tyd om vir julle almal te vra: wanneer laas het jy vir die mense wat saam met jou werk dankie gesê vir al die kere wat hulle jou help of raadgee met ‘n probleem? Doen dit sommer nou! Moet ook nie vergeet om die byna onsigbare mense soos die skoonmakers en sekuriteitspersoneel ‘n slag te bedank vir hulle harde werk nie!

Die webwerf wat ek gekies het vir vanmiddag bevat ‘n verskeidenheid van stories wat mense ingestuur het in verband met Kersfeespartytjies by die werk, en ek is seker dat meeste van Kuier se besoekers iets interessants daar sal vind om te lees.

http://www.officechristmas.co.uk/articles-and-stories

kersfees-etes, geleentheid, dankie, stories

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans