Ek en Neels het die ander dag gesels oor die feit dat so baie van die skakels op Kuier.co.za na Engelse, in plaas van Afrikaanse webwerwe toe gaan.
Ons probeer altyd om die mees interessante stories en webwerwe op Kuier.co.za te plaas, en omdat die Internet oor die algemeen in Engels is, skakel baie van die inhoud ook by Engelse webwerwe in.
Om hierdie “probleem” te bekamp, gaan ons nou probeer om ten minste een Afrikaanse webwerf per week op Kuier.co.za te plaas. Solank die webwerf interessant is en ook Afrikaans is, kan hy dit tot op Kuier.co.za se voorblad maak…
So as jy van enige interessante, snaakse of goeie Afrikaanse webwerf weet, stuur gerus vir ons die skakels dat ons kan gaan kyk!
Wie weet, jou webwerf kan dalk die volgende Afrikaanse webwerf wees wat op Kuier.co.za pronk.