Daar was die afgelope paar weke al ‘n hele paar stories op Kuier oor vakansietyd, en spesifiek Kersfees. Dis ook natuurlik ‘n tyd wanneer baie mense aan familie dink… Deesdae hardloop ons egter so vinnig deur die lewe dat ons families dikwels afgeskeep word, omdat daar te veel ander “prioriteite” is wat al ons aandag verg…
Ek het vandag ‘n webwerf raakgeloop wat probeer om besige families te help sodat hulle tyd kan eenkant sit en weer ‘n slag dinge saam kan doen! Dit wil ons herinner dat familie die belangrikste ding in ‘n mens se lewe behoort te wees, en gee allerhande idees hoe om daardie “familie tyd” spesiaal te maak.
http://www.familieswithpurpose.com/
January 9th, 2007 at 9:25 am
Ek moet vir die eerste keer vir my gr 2 seun ‘n redenaarspraatjie uitwerk. Waar in die wereld (of wie) kan my moontlik help met hierdie penarie?