Wat laat jou hart na sy hoogste rat oorskakel: Om die versneller plat te trap en teen 300km/h om ‘n resiesbaan (of op die snelweg) te jaag? Uit ‘n vliegtuig te spring met (of dalk sonder) ‘n valskerm? Teen die hoogste berg uit te klim? Met reuse bedrae geld op die aandelebeurs rond te speel? Die afsnytyd te haal met daardie groot, belangrike projek waaraan jy werk? Die mees vreesaanjaende, doodsontwykende toertjie wat selfs vir Harry Houdini in sy graf sal laat omdraai uit te voer???
Met die hoë misdaadsyfer in ons land is dit ongelukkig ook baie moontlik dat sommige van Kuier se besoeker al ‘n toevloei van adrenalien beleef het terwyl hulle lewens bedreig is…
Die skakel waarop ek vandag afgekom het is ‘n webwerf waar mens kan lees oor wat adrenalien veroorsaak, en ook die kenmerke daarvan… is julle gereed? Klik NOU daarop! Julle het presies 2 minute om die bladsy klaar te lees…
http://www.causeof.org/adrenal.htm