Hulle is orals: Die sogenaamde “kenners”… ja, daardie mense wat dink… nee GLO dat hulle alles weet en altyd reg is, en dan maak asof jy die grootste idioot onder die son is! Dalk werk jy saam met ‘n paar (hopelik min) van hulle, of kry jy net met hulle te doen in die uitvoering van jou werk, maar hulle is die mense wat jou dag sommer so in een oomblik kan omkrap! Die ergste is seker wanneer jy op daardie mense moet staatmaak om jou eie werk te kan doen. Jy kan hulle ook sommer so op ‘n afstand uitken, want die selfvertroue borrel eintlik uit hulle uit… dit skep so ‘n half arrogante houding wat in die lug bly hang… en dit STINK!
Ek praat nou glad nie van die ouens wat rêrig weet wat hulle doen en waarvan hulle praat nie, want daar is genadiglik darem heelwat van hulle ook in die rondte, maar so op die een of ander manier slaag daardie ander tipe “kenners” meestal om die kollig op hulself gevestig te kry.
Hierdie is waarvan ek praat:
http://www.cartoonstock.com/directory/s/smart_alec.asp
As jy nog steeds wonder of jy so ‘n persoon ken, gaan lees gerus hierdie baie raak beskrywing van die tipe mense:
http://en.wikipedia.org/wiki/Know-it-all