Hoeveel vertroue het jy in jou bank om seker te maak dat jou geld veilig is? Is dit raadsaam om al jou finansies deur een bank te laat behartig of moet mens liewer twee of meer hê, net vir ingeval? Ek lees vanoggend van ‘n groot sindikaat wat sy oorsprong in Rusland het, en bestaan uit “kubermisdadigers” wat dan met behulp van die Internet en gespesialiseerde nuwe sagteware sommer maklik inbreek op mense se bankrekeninge… hulle verkoop dan die sagteware in ander lande ook, en so het dit nou al tot hier in Suid-Afrika gevorder! Gelukkig is ons banke darem bewus van die “probleem” en doen blykbaar alles in hul vermoëns om toe te sien dat ons swaarverdiende Rande nie uit ons rekeninge verdwyn nie.
Natuurlik is dit die banke se plig om hulle eie sekuriteit voortdurend op te skerp, maar ons kan en moet darem self ook ons gesonde verstand gebruik en dink hoe kan ons keer dat ‘n misdadiger toegang tot my en jou bankrekeninge verkry. Moenie jou kaarte en/of ander persoonlike inligting laat rondlê nie – selfs nie eers in jou motor nie, want as iemand daarby inbreek sit jy dalk met groter probleme as net ‘n stukkende motorruit! As jy van Internetbankdienste gebruik maak, maak seker jy kies ‘n ingewikkelde wagwoord, en moet dit nie neerskryf waar iemand dit moontlik kan kry nie. Probeer ook om nie ‘n rekenaar waartoe ander mense toegang het vir jou banksake te gebruik nie, en laat die bank jou state liewer met gewone pos stuur of vir jou sms om transaksies te bevestig in plaas daarvan om sulke goed met e-pos te stuur.
Dalk het ons oupagrootjies die beste, veiligste uitweg gevolg toe hulle die geld onder die matras gebêre het! Mens kry in elk geval amper dieselfde hoeveelheid rente daar as by ons banke
http://www.ioltechnology.co.za/article…
Hier is ook so ‘n paar wenke, in Afrikaans, om jou geld te beveilig:
http://www.sanlam.co.za/afr/nuusverslae/moneymatters…
February 10th, 2008 at 3:39 pm
ek het nog nooit so dom gevoel nie maar die jaar se redenaars komp. het my onkant gevang en ek het nie ‘n idee waar om te begin ni, is daar nie dalk so ‘n ou slim kop wat kan help met die junior afdeling nie die tema wat my kind gekies het is groot mense, sy is elke jaar op haar stukke om te praat en die jaar is ek uit woorde”