Op ‘n effens ironiese, maar ook baie ontstellende noot gaan my storie vandag oor die feit dat ‘n paar nikswerd lafaarts alweer nog ‘n Suid-Afrikaner, wat nie in staat was om homself te verdedig nie, se voorheen rustige lêplek in presies die teenoorgestelde omskep het. Dit het gebeur toe rowers Anton Goosen se plaas woensdag binnegedring, hom wreed aangerand en gedreig, en daarna beroof het.
Ja, nog ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar het deurgeloop onder die “volkome onder geheer” misdaad in ons land… maar solank die politici in hulle multi-miljoen Rand wonings met 24 uur sekuriteit sit sal daar NIKS aan hierdie groeiende epidemie gedoen word nie! Dit raak hulle mos nie…
Iets wat my verder bekommer het is dat Anton Goosen se plaas in ‘n “omheinde veiligheidsgebied” is – so nee, dit help blykbaar nie eers meer mens woon in ‘n fort in hierdie land nie!
Na die aanval en nag van trauma het ‘n ontstelde Mnr Goosen, volgens berigte, die volgende opmerking gemaak: “Onthou jy hoe Madiba en Francois (Pienaar) in 1995 die beker opgelig het? Dinge is nie meer dieselfde nie. Misdaad het ´n kultuur geword en wit èn swart word geraak,”
Ja dit is ongelukkig so – dinge is nie meer dieselfde nie… en dit lyk my niemand gee juis om nie.
Nou kan ons maar aanhou strikkies dra en kla en optogte hou en sê hoedat praat alleen nie gaan help nie, maar hoe baie planne en vasberadenheid ons ookal het – AS ONS NIE IETS DOEN NIE GAAN DIT NET ERGER RAAK!
Ek het al oorweeg om vir Mnr Mandela ‘n brief te skryf en te pleit dat hy met ons huidige president praat en vra dat die mense van hierdie land beskerm word, in plaas daarvan dat geld bestee word om lughawens se name te verander, sport stadions te bou, vir oorsese vakansies rond te vlieg, of partytjies te hou, of mense in ander lande (veral in Afrika) te beskerm, maar ek weet nie of so ‘n brief ooit eers by hom sal uitkom nie. Miskien kan iemand soos Bill Gates of Richard Branson hulle aansien en invloed gebruik? Wat dink julle? Ons het praktiese oplossings nodig wat ons werklik kan toepas om dinge intussen ten minste bietjie te verbeter!!!
Hoe lyk dit – is daar nog Afrikaanse kunstenaars wat, soos Steve Hofmeyr, bereid is om op te staan en te sê dat dit was nou genoeg en ons gaan nou optree?
http://www.dieburger.com/Stories/News/13.0.1908076360.aspx