Ek is seker dat die meeste van ons al die storie gehoor het dat as jy die vliegtuie in “Microsoft Flight Simulator” kan vlieg, jy ook die ware Jakob sal kan vlieg.
Ek is nie heeltemal so seker daarvan nie, maar vandag se webwerf bevat ‘n bietjie ekstra help met die hele vlileg ding
Dit is ‘n interaktiewe foto van die Boeing 777 se vlieg kajuit. Wanneer jy jou muis oor die instrumentasie beweeg gee hy vir jou ‘n beskrywing van die verskillende funksies van die kontroles.
As vliegtuie jou ding is, is hierdie nogal lekker interessant…
Ek is nie ongeskik nie, maar ek is darem nog nie seker of ek enige iemand sal vertrou wat net daardie prent gestudeer het om my veilig by die huis te kry nie.
http://www.meriweather.com/777/deck-777.html