Volgens die Jak de Priester webwerf kan ons die nuwe CD, getiteld “Brooklyn Poet”, die 20st November verwag.
Ek het Jak de Priester die eerste keer gesien by hierdie jaar se Huisgenoot skouspel. Ek moet sê ek het nogal van sy manier van dinge doen gehou.
Liedjies op die nuwe CD sluit “Dis Amazing”, “My Hooglied” en “Binnelanders” in.
http://www.jakdepriester.co.za
November 16th, 2005 at 9:41 pm
Jak is cool. Moet se ek het eers gedink hier kom nog een van daai, maar sy lirieke herrinner my snaaks aan Koos Doep.
December 8th, 2005 at 7:28 pm
Ek dink die nuwe Jak de Priester album is die beste nog!!! Hy is in sy eie klas en MAG maar songs skryf!
January 27th, 2006 at 4:02 pm
Ek sit in die vreemde en van die eerste keer wat ek Binnelanders gehoor het, was heimwee nogal groot en vir iemand wat nie altyd erg Afrikaans was nie, sê dit nogal baie! Van die eerste keer wat ek dit gehoor het moes ek die CD aanskaf! Sodra ek terug is in JHB soek ek hom! Jak gaan nog ver kom en is verseker nie nog ‘n Afrikaanse sanger wat op die band wagon gespring het met hoop om iewers ‘n sent te maak nie!
June 29th, 2008 at 7:35 pm
hi hy is soos cool!ek al sy cd’s en boeke en wag nog hard dat ‘n dvd uitkom.JY MAG MAAR JAK!