Dis alweer Maandag, en as ek so rondom my kyk dan lyk dit asof meeste mense nie juis lus het vir al die probleme wat die nuwe week mag inhou nie… Wel ek het ‘n webwerf opgespoor vir almal wat vanoggend so ‘n bietjie inspirasie nodig het om hulle te bemoedig vir wat ookal voorlê in die volgende 7 dae
Die beste ding is dat dit ‘n Afrikaanse webwerf is, so jy hoef nie eers ekstra breinkrag in te span om wyse woorde uit Engels te vertaal nie, en daar’s ook die opsie om in te teken op die gereelde nuusbrief – ja inderdaad: inspirasie in jou elektroniese “in mandjie” wanneer jy dit die nodigste het!
So hoe gaan ons dit deur hierdie potensieel “blou” Maandag maak, en dit moontlik in ‘n “ligblou” een verander? Maklik: Soek daardie klein bietjie positief in elke liewe ding wat vir jou vandag mag negatief lyk!!!
August 19th, 2008 at 9:34 am
Hi
Wil net iemand he om meer te gesels, iemand wat my nie ken nie, maar sal verstaan. Ek en my man het huweliksprobleme. As jy dink jy kan my raad gee, sal ek dit baie waardeer.
August 19th, 2008 at 11:28 am
Ek dink ek het dieselfde probleem as jy, en soek ook iemand wat ek nie ken om meer te praat. So waar sal ons begin
August 19th, 2008 at 12:53 pm
Chantel, ek het geantwoord op jou e-pos, alhoewel ek nie seker is of jy dit ontvang het nie, indien nie.. wat is jou persoonlike e-pos adres? Of verkies jy om hier te gesels?
August 19th, 2008 at 12:56 pm
Hi
Ons gesels sommer hier, hierdie is my werk
se e-pos adres, dus ok.
August 19th, 2008 at 1:27 pm
Goed dis reg met my. Ek het probleme in my huwelik en wil net bietjie raad he, alhoewel ek al so baie raad by verskillende mense gekry het en al wat hulle se is dat net ek self kan besluit wat ek wil he en doen.
August 19th, 2008 at 3:24 pm
Jy sal meer spesifiek moet wees met wat jou probleem is – miskien is daar van ons “ou lady’s” wat kan help.
August 19th, 2008 at 3:40 pm
Middag Anne,
Wel vir ‘n begin is dit bietjie moeilik om sommer so te gesels waar enige iemand die mail kan lees.
Nou goed, ek en my man bly al vir 5 jaar saam, waarvan ons drie jaar getroud is. Van die begin af is ek en hy uitmekaar en weer bymekaar. Die laaste keer wat ek en hy uitmekaar gegaan het voordat ons getroud is, het ek terug gegaan na my eks verloofde. Ek het swanger geraak, nie seker of dit my eks verloofde of my man se kind is nie.. (DNA toetse is te duur) Ek was/is te bang om dit vir my ouers te se, so my man het gese ek moet net se dit is sy kind, hy sal hom groot maak no matter what. Dit pla my nog altyd, hy trek nie regtig op een van die twee nie so dit is moeilik om te se… Die probleem is, ek wou nie met my man trou nie, ek kan hom nie vertrou nie (alhoewel ek hom nog nooit uitgevang het dat hy my verneuk nie)lieg hy baie, kry tellefoon oproepe as ek antwoord sit hul neer ens. hy het my geslaan, (ek het nou ‘n interdik teen hom) so hy doen dit nie meer nie. Ek voel nie meer lief vir hom nie, ek voel heeltemal dood binne. Ek wil hom skei, maar my ouers het gese ek moet eers dinge probeer uitwerk, want ek is nou weer swanger met SY kind… Hy stel hoe genaamd nie in een van ons belang nie, al wat hy in belangstel is TV kyk en games speel op komputer en sy selfoon. Hy bly leen en skuld maak. My ouers help ons nou, om die skuld te betaal wat onregverdig is teenoor hulle. Ek voel hulpeloos en soek iemand wat ons waardeer en lief het, nie net gebruik wanneer hy dit goed dink nie.
August 19th, 2008 at 4:06 pm
Middag,
Die beste is – vat jou en jou man/verloofde se kind en gaan koel af by jou ouers se huis vir ‘n jaar of 10, en gee die kind al jou aandag, “hou dit in jou broek” om weer ‘n glipsie te vermy, en wees ‘n liefdevolle ma. Wanneer daar weer stabiliteit in jou lewe is, kry vir jou iemand wat jou wardeer en vir jou kind kan goed wees – jou kind het nie gevra om in die lewe gebring te word nie, so die kind verdien nie onstabiliteit in sy/haar lewe nie.
my beskeie mening, miskien wat ek sou gedoen het….
August 19th, 2008 at 4:11 pm
wat se tipe van raad is dit? anyway baie dankie,
August 19th, 2008 at 4:15 pm
wat wou jy hoor? – dit is vir my die mees logiese benadering as ek kyk na wat jy vir Anne geskryf het, maar soos ek gese het, dit is my beskeie mening
August 19th, 2008 at 4:24 pm
jy laat dit klink asof ek by elke man slaap, wat ek sien… toe nie!!! Verder verstaan ek wat jy se en ja dis hoekom ek se baie dankie. maar dit is nie altyd so maklik om net jou goed op te pak en te loop, as ander mense nie verstaan hoe jy voel en wat die situasie is nie. Ek het so rukkie terug vir ‘n week by my ouers gaan bly, maar soos ek se hulle het gese ek moet terug gaan en probeer en kyk of dinge nie tog wil uitwerk nie. ‘n jakals verander van haar nie van snaar. hoe kry ek hulle om dit te verstaan. Hulle wil net die beste he vir my kidz en my, ja… maar dit is nie by hom nie.
November 13th, 2008 at 4:31 pm
Ek en my man het ook onlangs op skei gestaan en my situasie is baie dieselfde as joune nicky, as ek jou so mag noem. My familie het ook gese ons moet dit uitwerk. jou man en myne klink na boeties so ek verstaan waardeur jy gaan, rerig, maar skei is nie ‘n oplossing. dit is wel wanneer pa vir ma slaan of anders om of as een van die ouers begin aggresief raak teenoor kinders. My raad vandag aan jou, is dat jy en jou man oor hierdie probleme gesels. wees heeltemal eerlik met hom vertel hom hoe jy voel. as hy bereid is om daaraan te werk dan beteken dit hy is baie lief vir jou en wil jou gelukkig mak mar as hy ‘n traak my nie agtige houding het dan weet jy wat jy moet doen..
January 11th, 2010 at 9:53 am
Beste Nicole
Hier een raad van een Nederlandse vrouw..
Wegwezen bij je man ,hij zal nooooooit veranderen en is en blijft een groot kind, waar je geen enkele steun aan zult hebben.
Wij vrouwen zijn supersterk,we hebben geen man nodig, wees een goede moeder, geef je kinderen alle liefde en ga zelfstandig wonen en zorg dat je van niemand afhankelijk bent of wordt.