Sal jy so ver gaan om jou lewe aanlyn te verkoop? Dit is presies wat ‘n Australiese branderplankryer onlangs gedoen het, net nadat sy meisie hom gelos het. Blykbaar kan hy nie rêrig enige redes gee vir hoekom hy dit gedoen het nie, maar nou kan die persoon wat sy lewe op eBay gekoop het hom “word”… Ja die koper kan selfs Kersfees saam met die ou se ouers deurbring en “erf” ook ‘n “ongemaklike verhouding” met die eks-meisie! Dis nie al nie: Die buitengewone transaksie sluit ook ‘n 4 weke opleidingskursus in oor hoe om die ou te wees.
So as mens regtig verveeld is met jou lewe – hoekom nie joune verkoop en iemand anders s’n koop nie? Lyk my dis nie so onmoontlik soos wat dit klink nie! Wel dalk net daar doer onder waar mense dinge so ‘n bietjie anders doen
Ter afsluiting moet ek darem net byvoeg dat die branderplankryer se wettige identiteit, paspoort, ens. nie deel van die verkooptransaksie uitgemaak het nie – oënskynlik is so iets nie toelaatbaar nie…
http://www.ioltechnology.co.za/article_page.php?iSection…