Dit mag miskien vir ander mense lyk asof jy nie meer al jou varkies op hok het nie… of besig is om met jou familie op Titan te probeer kommunikeer, maar ek dink hierdie manier waarop die son benut kan word om kos gaar te maak is iets wat ons tot groot voordeel kan gebruik! Die voordeel van ons gesondheid, omdat dit ‘n natuurlike manier van kook is, en ook tot die voordeel van ons planeet omdat die vrylik beskikbare, volop energie van die Son gebruik word in plaas daarvan dat ander waardevolle bronne in die natuur verder opgebruik word. Wie weet, dalk het ons dan nie eers nodig om ‘n lang vlug na Titan te onderneem nie
Lees gerus op hierdie webwerf presies hoe om ‘n Sonkrag-oond te bou en volgende keer as Eskom net genoeg elektrisiteit kan verskaf om Zimbabwe aan die gang te hou, kan jy lekker ontspan met ‘n heerlike warm aandete!
Nog nie oortuig nie? Kyk dan gerus ook hier na al die heerlike maaltye wat met sulke son-oonde gemaak is – en ja, hulle het ook resepte:
http://www.cookwiththesun.com/solar.htm
June 5th, 2007 at 12:38 pm
Goeie dag, ek hoop julle kan my help ek is dringend opsoek na inligting omtrent die donkie (waarin jy vuurmaak) in die Kalaharie. Ek weet nie of jy hierdie oond iets anders noem nie, maar jy maak vuur in die oond en dan werk dit deur die pype vir warm water. Dis baie dringend as enige iemand my kan help sal ek baie bly wees.
May 8th, 2008 at 3:42 pm
Ek wil graag weet hoe ‘n donkie gebou word vir warmwater?
May 8th, 2008 at 3:43 pm
Ek wil graag weet hoe ‘n donkie gebou word?
October 17th, 2008 at 3:26 pm
Hi daar
Ek het in die Kalahari groot geword met `n donkie (wat water warm maak). Dit lyk soos `n oond waarin jy brood bak en jy maak vuur daarin, pype is so gekoppel dat dit deurloop na jou geyser en wat dan die water warm maak.