Hoe oorleef mens daardie kere wanneer jy alleen saam met een ander persoon in ‘n hysbak (of ander klein spasie) beland en die minute… nee, selfs die sekondes wat verbygaan voel soos ‘n ewigheid… want nie een van julle weet wat om te sê of waar om te kyk nie. Jy wil nie direk na die ander persoon kyk nie, want dalk dink hy/sy jy is onbeskof en “staar” na hom/haar, en jy wil ook nie eintlik ‘n gesprek begin nie want dit kan lyk asof jy verwaant en voor-op-die-wa is! In elk geval – waaroor praat mens in ‘n hysbak? So hoe gemaak?
Soms wens jy weer dat die ander persoon tog net vir ‘n oomblik wil stilbly, want ja, daar is snaakse karakters in die wêreld van ons en party mense begin amper histeries te praat wanneer hulle in sulke ongemaklike situasies beland… en dalk is jy vandag die “gelukkige” persoon wat moet luister hoe die ou tannie se doktersondersoek afgeloop het, of hoedat haar dogter met hierdie wonderlike ou van Londen begin uitgaan het, maar toe vind sy uit dat hy eintlik getroud is en moeg geraak het vir sy vervelige bestaan en nou gaan hy Hong Kong toe en haar dogter se hart is gebreek, want daar’s skielik ook nie meer plek vir haar in sy lewe nie…
Dalk is jou “mede-passasier” ‘n asemrowende mooi jong dame in ‘n skramse rokkie en jy weet regtig nie waar om te kyk nie
Watter soort geboue (hospitale, groot maatskappye, ens) se hysbakke dink julle sorg vir die a) mees interessante ritte, b) die mees ongemaklikes, en c) die absoluut verveligstes?
Behalwe vir die gewone “stilte-vrees” wat baie van ons het, is daar ook nog die veiligheidsaspek om in ag te neem. Veral in ons land. As jy ‘n vrou of jong meisie is sal jy waarskynlik baie skrikkerig wees om alleen in ‘n hysbak saam met ‘n vreemde man te klim…
Hier is so ‘n paar handige “reëls” om toe te pas tydens ‘n hysbakrit:
http://bandtcrowd.blogspot.com/2006/02/elevator-rules…
As dit nog steeds vir jou te ongemaklik laat voel, probeer dan hierdie taktieke om dinge meer “interessant” te maak
http://www.listology.com/content_show.cfm/content_id.16981/Humor