Fokofpolisiekar se amptelike webwerf is nou al vir ‘n hele tydjie nog nie opgedateer nie, en die rede hiervoor is dat die manne dit “rustig” vat hierdie jaar.
Al die lede van Fokofpolisiekar is besig met hulle eie projekte op die oomblik en dit bring ons na die rede vir vandag se inskrywing.
Francois van Coke (vir die van julle wat nie weet nie, hy is die sanger van Fokofpolisiekar) gebruik hierdie tyd om ‘n paar solo optredes te doen en die groep se myspace is nou opgedateer met die datums vir al hierdie optredes.
As ek na daardie lys kyk, lyk dit vir my asof Francois ‘n besige man gaan wees vir die volgende twee of drie maande…
http://www.myspace.com/fokofpolisiekarband