Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Meer Vryheid Wanneer Jy Oefen


Neels - Algemene Geselskap, Nuusagtig

AfrikaansDie Nederlanders beweer dat mens meer “vryheid” ervaar as jy in die gimnasium oefen sonder daardie lastige items wat ons “klere” noem :-)

Ja, ‘n Gimnasium in Heteren het besluit om op Sondae vir nudiste voorsiening te maak en hulle noem dit “Naakt Zondag”. Blykbaar is daardie gimnasium deesdae redelik vol op Sondae ;-) Hmmm, ‘n manier om leë geboue op Sondae vol te kry… ek wonder…

Of dit werklik meer gemaklik is om op hierdie wyse te oefen sou ek nie kon sê nie… wat dink julle? Nou wonder ek sommer of Muay Thai nie vinniger bekend (en gewild) sal raak as hulle ook Sondagaande meer “natuurlike” gevegte het nie… Wat dink jy, Gerhard – sal meer dames dan ook daarna kom kyk?

http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=79

vryheid, gimnasium, oefen, storie

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

2 Menings vir
“Meer Vryheid Wanneer Jy Oefen”

  1. Marius:

    Wonder nou net watse tipe oefening sal die meeste aftrek kry …

  2. Lappop:

    Nee wat, ek dink nie dis die dames wat belangstel in die ‘naakte waarheid’ nie, of hoe dink julle? :)

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans