Ek doen nou al Muay Thai vir net so oor die 9 maande, maar ek het die vooreg gehad om Saterdag aand vir die eerste keer na ‘n geveg toe te gaan by Dragon Power (waar ek ook gaan vir klasse) hier in die Kaap.
Vir die van julle wat nie weet wat Muay Thai is nie, dit is veg kuns wat omtrent 3000 jaar al beoefen word in Thailand. Die “Muay” gedeelte van die naam beteken “8″ en verwys nie die ag ledemate wat jy kan gebruik om mee te baklei, naamlik: hande, elmboë, bene en voete.
Dit is werklik ‘n growwe sport en nie noodwendig die mees elegante sport om na te kyk nie, maar as jy jouself weer kry staan en skree jy vir die mense in die ring… hehe, dit is seker maar menslike natuur…
Die hele aand was groot pret en as jy ooit die kans kry om na een van hierdie gevegte toe te gaan, spring daarvoor.
Jy kan hier so ‘n bietjie meer oor Muay Thai lees:
http://en.wikipedia.org/wiki/Muay_Thai