Vir die afgelope paar maande ry ek elke dag ten minste twee keer op ‘n stuk pad wat “onder konstruksie” is. Nou het ek myself al dikwels gevra hoekom neem dit so lank om ‘n pad oor te teer?
Solank soos daar dan aan so ‘n pad “gewerk” word skep dit allerhande ongerief en probleme met die verkeer, maar dikwels is die enigste teken van padwerke die borde en versperrings wat in en langs die pad staan en die mense wat voltyds hulle rooi vlaggies staan en waai. Ja inderdaad – dit lyk soms asof daardie nuwe pad nooit gaan klaarkom nie! Die ergste geval van so ‘n nimmereindigende padkonstruksie hier in die Kaap is seker die berugte De Bron pad tussen Brackenfell en Durbanville/Bellville… is dit nou al drie jaar lank wat hulle met daardie een sukkel?
Gisteroggend, toe ek weer daardie lang stuk afgeskraapte grondpad oppad Stellenbosch toe, en die bordjies in die middel van die tydelike bane so kyk, het ek net skielik besef dat ek nie regtig weet presies hoe so ‘n pad gebou word en watter prosedures daarby betrokke is nie…
By die werk aangekom, het ek dadelik my getroue vriend, Mnr Google gaan vra hoe dit gedoen word, en op diè relatief kort-en-kragtige verduideliking afgekom. Hierdie is nou wel ‘n spesifieke padkonstruksiemaatskappy se webwerf, maar ek is seker dat die stappe wat gevolg word om ‘n pad te “bou” oral min of meer dieselfde is:
http://www.michigan.gov/printerFriendly/0,1687,7-151-9615…
Terwyl ons nou op die onderwerp van paaie is, is hier so ‘n paar snaakse padtekens wat mense opgemerk het:
http://www.richardpettinger.com/funny/funny_road_signs/funny_road_signs