Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Japan Land op Astroide


Gerhard - Nuusagtig, Tegnologie

Japan Land op AstroideJapan se ruimte agentskap het Woensdag gesê dat hulle tuig veilig geland het op ‘n astroide wat sowat 288 miljoen kilometers ver van die Aarde af is.

Die rede vir die landing was oorspronklik om stukkies klip en stof te kry en saam te bring huistoe vir wetenskaplike navorsing.

Daar was vroeër gedink dat die tuig dalk nie geland het nie, maar met die nuutste data lyk dit of hy wel geland het vir omtrent dertig minute, maar geen monsters opgetel het nie.

Deur astroides te ondersoek hoop wetenskaplikes om uit te vind presies hoe ruimte liggame gevorm het. Hulle glo dat astroides nog redelik onaangetas is en daarom goeie monsters maak.

http://www.cnn.com/2005/TECH/spa…

Deel die storie op Facebook


Raka: Die Roman 'n Skerp satire met baie donker ondertone... Online Competitions FREE online competitions for South Africa!
Kalahari.net

Lewer Kommentaar



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans