Dit was ongeveer ‘n jaar gelede wat ek die eerste keer uitgevind het van Edmond, ‘n belowende jong Afrikaanse sanger. ‘n Tydjie later het hy omtrent heeltemal uit sig uit verdwyn en daar was geen nuwe nuus uit sy oord uit nie.
Dus was ek baie bly om in die week ‘n E-pos te kry wat my vertel het van die nuwe webwerf en wat Egmond besluit het om te doen daarop… Jy kan nou sy hele album aflaai van sy webwerf af in mp3 formaat… heeltemal gratis!
Daar is ook nuwe toer datums op die webwerf, so as jy in die nabye area is, kan jy ook vir Egmond in lewende lywe sien optree.
Elk wens meer kunstenaars wil sy voorbeeld volg en vir ons gratis musiek gee